Wednesday 25 April 2012

Pampoene op 'n onthaal

Pampoene maak oulike goedkoop houers vir onthaal geleenthede en dit is beslis iets wat jou gaste aan die praat sal hê.  Hier is drie oulike idees:

1)  Gebruik uitgeholde pampoene vir blompotte op jou tafels.
2)  Gebruik klein pampoentjies as pleknaam aanwysers.  Jy kan 'n dun snytjie aan die bo-kant van die pampoentjie maak waarin die naamkaartjie dan pas.
3)  Gebruik uitgeholde pampoene om jou pamoensop as voorgereg in te bedien.