Friday 20 April 2012

Gebakte Skorsies

Marietjie Laufs
Hier is my resep van skorsies, nog by my ma gekry, my kinders is mal daaroor.
4-5 skorsies( Skep kos uit elke helfte)
2 E Meel(hoog vol)
1 Des lepel Bakpoeier
1 Eetl Botter
Drie kwart koppie suiker
1 kop Melk
3/4 eiers
Mens alles saam moet loperig wees en strooi dik kaneel suiker bo-oor.
Bak in oond vir om en by 1 uur.