Friday 20 April 2012

3 Vinnige Maklike Reseppies vir 'n Bordjie

Santie Carelse Vat van die rolle deeg wat mens koop, maak dit heel oop en sny in 2x2cm blokkies. Bak in warm! diepolie tot goudbruin (werk vinnig want dit word gou gou gaar en bruin). Haal uit en plaas op bruinpapier of handdoekpapier om olie te dreineer. Sprinkel Aromat oor. Heerlik vinnig en spotgoedkoop.!


Santie Carelse Ek vat gewoonlik van die Marmite wat die kaas in het en dan smeer ek dit op die deeg. dan strooi ek n lekker laag gerasperde kaas oor en rol die deeg weer op. Sit dit in die vrieskas vir ongeveer n uu
(net om weer stewig te raak.) Sny dan skywe en bak in die oond (180 grade) tot goudbruin en gaar. Dis ook heerlik.


Melissa Deetlefs McDonald Wat van toebroodjies? Meng mayonaise en fyn geraperde kaas. Smeer op broodjies en bedek met dungesnyde komkommerskyfies. Heerlik! Of meng smeer margarien en marmite, smeer op broodjies en druk in fyn biltong, fyn gedrukte (simba) chips, fyn gerasperde kaas. Of reënboogbroodjies? Wat ook mooi lyk (en vinnig en goedkoop is) maak broodjies met twee of drie vulsels- byvoorbeeld kouevleis, tamatie en komkommer, en laaste lagie tuna- sny in vier of selfs ses. Steek vas met sosatiestok/ tandestok en druk 'n kersietamaties tot bo-op die broodjie.