Tuesday, 6 March 2012

Wortelkoek
















Bak twee en bevries een vir later.

Bestanddele

180 g botter
250 ml strooisuiker
250 g koekmeel
‘n knippie sout
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
7 ml gemaalde kaneel
2 ml neut
‘n knippie gemaalde naeltjies
2 eiers
1 eierwit
125 g wortels, gerasper
1 appel, geskil, ontkern en gerasper
150 ml sultanas
Versiersel gemaak van 1 koppie roomkaas, 60 ml versiersuiker en een teelepel vanieljegeursel wat alles liggies saamgemeng is.

Metode

Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ‘n 25 cm-koekpan.

Sif die droë bestanddele, ook die speserye, saam en hou dit lig en lugtig.

Verroom die botter en suiker hoogstens 3 minute lank. Voeg die eiers een vir een by en voeg ‘n eetlepel meel saam met elke eier by. Klop ‘n minuut lank na elke byvoeging. Roer die oorblywende droë bestanddele by.

Voeg die appel, wortel en sultanas by. Gooi die mengsel in die voorbereide koekpan en bak 30 tot 45 minute totdat ‘n mes wat in die middel ingesteek word skoon uitkom. Laat die koek afkoel voor dit versier word en sit in die yskas om styf te word.