Tuesday, 6 March 2012

Kruie-en-uiebrood























•1 koppie bruismeel
•1 koppie Nutty Wheat
•1 teelepel bakpoeier
 •½ koppie gerasperde kaas (gebruik ‘n sterk kaas soos gruyèrekaas)
•½ koppie gekapte kruie (ons het tiemie, basiliekruid, origanum en pietersielie gebruik.)
•½ koppie gewone jogurt
•2 eiers
•½ koppie lou water
•1 ui, gekap
•1 eetlepel botter
•sout en peper
Sit die gekapte ui met ‘n eetlepel botter in ‘n pan en soteer tot die ui sag is. Meng al die droë bestanddele in een bak: die twee soorte meel, gerasperde kaas (hou ‘n bietjie vir bo-oor), bakpoeier, sout en peper. Meng die nat bestanddele in ‘n ander bak: die jogurt, eiers, kruie (ontstingel en gekap), lou water en gekookte ui. Voeg die nat en droë bestanddele bymekaar en meng goed, maar nie te veel nie. Gooi uit in ‘n gesmeerde broodpannetjie, sprinkel die oorblywende kaas bo-oor en bak 50 minute lank by 180 °C. Bedien warm met baie botter.