Tuesday, 6 March 2012

PERSKE ATJAR


Almarie de Jager

10 geel perskes
4 uie
1½ kop suiker
1 liter wit asyn
1 tl kerrie
1 tl borrie
1 tl peperkorrels

Voeg asyn, suiker, kerrie, borrie en peperkorrels saam in 'n pot en laat kook tot ruikbaar.
Voeg dan uie by en laat hulle kook tot glansend.
Skill geel perskes af, sny in halwes, haal die pit uit en sny in skyfies.
As uie glansend is voeg perskes by en laat saamkook vir 10 minute.
Steriliseer glas flesse met kookwater.
Sodra die geur deur die perskes getrek het kan jy dit in die flesse sit.
Let op dat daar geen lugblasies in is wannneer jy dit seel.