Friday 2 March 2012

Waarde van 'n boom in die tuin - VIR JOU.

Hoekom ‘n boom plant in jou tuin?  Goed ek het seker 400 antwoorde vir hierdie een, want ek is heeltemal gek oor bome, maar kom ek gee die volgende voordele van bome waar hulle JOU persoonlike lewe beter kan maak:
(dis nou bo en behalwe die feit dat ons hulle nodig het vir suurstof.)
1.       Bome gee privaatheid.   (‘n laning bome tussen jou en die buurman is dalk nodig?  Dit help ook baie om klank te demp.)
2.       Skadu  (Dis heerlik op snikhete warm somersdae om ‘n skaduboom in jou tuin te hê waaronder jy kan lafenis soek.  Skadu vir jou motor is ook ‘n groot voordeel.)
3.       Kleur en tekstuur.  (Bome gee kleur en warmte aan ‘n woonarea wat dalk baie koud en vervelig sou lyk.  Veral as die boom se blare herfskleure aanneem of blom in die lente.  Dink bv. aan die Magnolia.)
4.       Bome kan jou tyd en geld bespaar.  (Vrugtebome, bv. sitrus  – jy hoef nie suurlemoene te gaan koop nie.  Wanneer jy een benodig loop jy uit in jou tuin en pluk een …verniet!)
5.       Lugbesoedeling.  (Bome help om lugbesoedeling te verminder.  Dis veral ‘n goeie idee  om meer as twee bome aan te plant indien jy naby ‘n besige pad of fabrieksarea bly.)