Friday 2 March 2012

Lentebloeisels in jou tuin - beplan nou.

As jy elke lente droom van ‘n oorvloed bloeisels in jou tuin of dalk van ‘n groot boom wat oortrek sit met die mooiste blomme heel lente, is dit nou die tyd om te dink waar jy hom gaan plant.  Herfs is ‘n goeie tyd om ‘n boom in jou tuin te plant en dit gee hom net genoeg kans om gereed te maak vir sy eerste blomme-vertoning in jou lente tuin.

As jy ‘n klein tot medium groot tuin het, moet jy vooraf seker maak jy kies die regte boom.  Vra vrae soos:

1.       Hoe hoog raak die boom?
2.       Hoe wyd sprei sy takke?
3.       Sal sy wortelstelsel ‘n gevaar wees vir ‘n huis of swembad of kan hy naby ‘n muur geplant word?
4.       Benodig jy ‘n immergroen boom (een wat nie blare verloor nie en heeljaar skadu gee)?
5.       Of benodig jy dalk ‘n boom wat herfstyd sy blare verloor en die winterson sal deurlaat?

Jou kwekery gaan beslis kan help om die regte boom vir jou tuin te kies, en onthou hul sal waarskynlik net bome in voorraad hê wat goed aard in jou omgewing, so dit help alreeds baie met jou soektog na die perfekte boom.