• 750 ml (410 g) koekmeel • 25 ml bakpoeier
• 50 ml (45 g) botter, in blokkies gesny • 400 ml gerasperde cheddar • 125 ml gekrummelde feta • 6 snye salami, gekap • 15 ml fyngesnipperde grasuie • 1 groot eier, geklits
• 180 ml karringmelk
1 Voorverhit die oond tot 200 ºC. Sif die meel, bakpoeier en ’n knippie sout saam in ’n groot bak. Vryf die botter in en voeg dan die twee kase, salami en grasuie by.
2 Meng die eier, karring-melk en 60 ml water in ’n aparte bak. Roer dit by die droë bestanddele. Verdeel die deeg in twee stukke. Rol elke stuk in ’n sirkel van omtrent 26 cm uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Sny die sirkels elk in agt skywe (soos pizza-skywe). Rol elke skyf op – begin by die geronde kant en eindig by die punt. Vou die hoeke in om ’n halfmaan te vorm.
3 Pak op ’n gesmeerde bak-plaat. Bak vir 20 minute of tot goudbruin.