Tuesday, 6 March 2012

Mini-muffins met soetmielies en kaas











• 270 g (500 ml) bruismeel • 1 ml rooipeper
• 3 groot sprietuie, fyngekap • 250 ml beleë cheddar, gerasper • 10 ml droë gemengde Italiaanse kruie
• 2 groot eiers • 80 ml sonneblomolie • 120 ml melk
• 410 g-blik geroomde soetmielies

1 Verhit die oond tot 200 ºC. Sif die meel, rooipeper en 5 ml sout saam. Voeg die sprietuie, kaas en kruie by.
2 Klop die eiers, olie en melk saam in ’n aparte bak. Roer die soetmielies by en voeg dit by die droë bestanddele. Skep in gesmeerde of gevoerde mini-muffinpannetjies. Bak vir 10 minute of tot goudbruin en deurgaar.