• 125 ml (115 g) sagte botter • 250 ml strooisuiker • 5 ml gerasperde suurlemoenskil • 3 ekstragroot eiers • 230 ml
Bulgaarse jogurt • 1 groen appel, geskil en in blokkies gesny • 400 ml (260 g) koekmeel • 5 ml fyn kaneel • 2,5 ml koeksoda • 5 ml bakpoeier • Earl Grey-appels
1 Voorverhit die oond tot 170 ºC. Klop die botter en strooisuiker saam tot lig. Voeg die suurlemoenskil by en dan die eiers een-een. Roer die jogurt en groen appel by.
2 Sif die meel, kaneel, koeksoda en bakpoeier saam en vou dit by die bottermengsel in. Skep in ’n gesmeerde en gevoerde koekpan van 20 cm. Bak vir 40 tot 50 minute of tot ’n toets-pen skoon uitkom.
3 Laat afkoel en versier dan met glansversiersel en Earl Grey-appels.
EARL GREY-APPELS Verhit 350 ml water in ’n kastrol. Voeg drie sakkies Five Roses Earl Grey by. Laat prut vir drie minute. Haal uit en gooi weg. Voeg 250 ml strooisuiker by en laat prut vir 10 minute om ’n stroop te vorm. Sny twee Pink Lady- of rooi appels in dun skyfies. Sit in die stroop. Laat staan vir ’n halfuur en haal uit net voor jy voorsit.