Tuesday 6 March 2012

Vingerete tafel dek

Ek het 'n prentjie gaan soek wat my idee vir jul kan beskryf en toe op hierdie perfekte een afgekom.  Baie keer woon jy 'n vingerete by en die borde is sommer so op mekaar gestapel in een hoek van die tafel.  Hier is 'n oulike manier om dit net bietjie meer op te vrolik.

Plaas 'n lap servet in die kleur van jou tafel dekor tussen elke bord.  Jy kan dit in 'n eenvoudige reghoek vou of selfs in 'n driehoek, waarvan jy dan die punte laat uitsteek teen die kante van die borde.  Plaas nou 'n mooi blom of selfs 'n klein bossie blommetjies wat jy saamgebind het met 'n mooi lint, bo-op hierdie stapel borde.  Siedaar dit lyk mos sommer tonne beter.