Wednesday 7 March 2012

Tafeldek - Dis maklik !

Dis gladnie so vreesaanjaend soos baie mense dink nie.  Wanneer jy by 'n funksie kom en die hele tafel is vol messe en vurke en glase en jy weet nie waar om te begin nie is hierdie 'n paar maklike diagramme om jou te help.

Messe en vurke word altyd van die buitekant na die binnekant (in die rigting van die bord) gebruik.  Die belangrikste reël (en dis iets wat my altyd teen die mure uitdryf) is om te onthou dat jou kleinbordjie aan jou linkerkant is.  Gebruik tog asb. die regte een, anders gaan jou buurvrou of buurman aan tafel sit sonder 'n bordjie. 
Onthou dat wanneer jy klaar geeet is, jy die mes en vurk langs mekaar neersit in die bord.  Dit sal 'n teken vir die "waiter" of "butler" wees dat jy klaar is met jou gereg en dat hy die bord kan wegneem.