Monday 12 March 2012

Uieslaai

Liefa Griesel


1. Plaas 6 - 8 uie in 'n bak koue water en verwyder die uie se skilletjies onder die water. Maak 'n snytjie aan die wortelent van elke ui.
2. Kook 40 to 60 minute lank in kokende water of tot die uie sag is.
3. Dreineer en dien die uie op met 'n warm eier-suursous.

Eier-Suursous:
1 eier
1 e suiker
¼ t sout
1 e asyn gemeng met 1 e water

Klits die eier baie goed.
Voeg die ander bestanddele by & klits weer baie goed. Verhit dit oor kokende water en klits aanhoudend met 'n vurk tot dit begin dik word. Klits tot dit lig is.