Monday 12 March 2012

Uie atjar/uie slaai

Wilna Dorfling

3,5 kg uie in ringe gesny
1,125 liter druiwe asyn
45 ml goue stroop
900 g (4½ kop) suiker
25 ml kerriepoeier
15 ml borrie
25 ml kerrie pasta (pakco)
25 ml mosterdpoeier
7 ml sout
100 g mielieblom
Plaas die uie in 'n kastrol en bedek met warm water.
Kook tot net sag (moenie pap wees nie)
Dreineer goed.
Hou eenkant.
Meng res van die bestanddele behalwe die mielieblom.
Roer tot al die suiker opgelos is.
Maak mielieblom aan met net genoeg koue water om gladde pasta te maak.
Verwyder van hitte en roer mielieblom by.
Plaas terug op die stoof en kook tot verdik en gaar.
Giet in uie by die kerriemengsel en kook goed deur
Skep in gesteriliseerde bottels terwyl warm en draai prop dadelik op. (Moet oorloop)
Lewer ongeveer 5 liter atjar.
Kan as atjar gebruik word of kerrieslaai. Baie lekker saam met braaivleis.
(My seun het 'n vriend wat dit sommer uit die botteljie eet.)
Uie atjar/uie slaai

Kan as atjar gebruik word of kerrieslaai. Baie lekker saam met braaivleis.