Monday 12 March 2012

Crunhies

















Petra Pretorius
My 7 jarige dogtertjie gaan more vir ons crunhies maak, sy doen die meng en druk plat werk, ek doen die oond werk ... :)

2 koppies koekmeel, 2 koppies klapper, 2 koppies suiker, 2 teelepels koeksoda, 2 koppies oats, 250g botter, 2 eetlepels gouestroop, 1 eier, ½ teelepel sout, 50ml water water.
 
Meng stroop, botter en suiker saam. Los koeksoda op in 50ml warm water. Meng met boonste mengsel en voe...g eier by dan die droë bestanddele. Maak klein balletjies, druk plat met vurk wat in meel gedoop is. Bak in bakplaat effens uitmekaar by 180 grade vir 15 minute, kyk wanneer koekie donker is.
 
Koekie is sag wanneer hy klaar gebak is haal uit met eierspaan. Koekie word bros wanneer hy koud word. hang af van jou oond anders moet jy hom 13 minute bak.