Monday 12 March 2012

GEKOOKTE UIESLAAI

Hannalie Kitshoff
 
1 kg uie in ringe gesny
SOUS
250 ml Water
12,5 ml Mosterdpoeier

250 ml Suiker
12,5 ml Mielieblom
250 ml Wit Asyn
12,5 ml Sout
2 Medium Eiers

METODE
Kook uie tot glaserig - nie pap nie. Dreineer. Meng water, asyn, mosterd en suiker saam. Bring tot kookpunt, roer aanhoudend. Moenie dat mengsel skif nie. Maak mielieblom met ‘n klein bietjie water aan en voeg by. Laat goed deurkook. Klits eiers en voeg van warm mengsel by klits en voeg by res van mengsel. Laat deurkook en gooi bo-oor uie. Laat afkoel en bottel.