• 250 ml (230 g) botter • 330 ml (280 g) suiker • 5 ekstragroot eiers • 500 ml (270 g) koekmeel, gesif • 10 ml bakpoeier,
gesif • 7 ml rooswater • 75 g Turkse lekkers, fyngekap
• 250 ml (130 g) versiersuiker
1 Smeer ’n ringkoekpan van 22 cm. Verhit die oond tot 180 ºC. Klop die botter tot sag en romerig. Klop die suiker en eiers in ’n aparte bak tot dik en lig.
2 Vou die gesifte meel en bakpoeier versigtig by die eiermengsel in. Vou die botter daarby in.
3 Vou 5 ml rooswater liggies by die mengsel in en skep die helfte van die mengsel in die gesmeerde pan. Sprinkel die fyngekapte Turkse lekkers oor. Skep die res van die mengsel bo-oor en bak vir ’n uur of tot ’n toetspen skoon uitkom.
4 Haal uit die oond uit, laat afkoel en keer uit op ’n draadrakkie. Laat heeltemal afkoel.
5 Sif die versiersuiker en voeg ’n bietjie warm water en die orige 2 ml rooswater by. Roer tot dit smeerbaar is. Voeg ’n paar druppels koskleursel by, as jy wil. Skep oor die koek en versier met ekstra Turkse lekkers en versuikerde rose.