• 60 ml botter • 6 velle fillo-deeg • 3 preie, dun opgesny
• 250 ml gerasperde beleë cheddar • 3 groot eiers,
liggies geklits • 150 ml room • 30 ml elk gekapte pietersielie en grasuie
1 Verhit die oond tot 180 ºC. Verhit ’n kastrol en smelt die botter. Verf ’n vel fillo-deeg met die botter. Sit nog ’n vel bo-op. Herhaal sodat jy ses lae het.
2 Sny die deeg sodat dit in ’n reghoekige of ronde quichepan sal pas en die deeg oor die rand hang.
3 Braai die preie in die botter wat in die kastrol oorbly. Sodra dit sag is, kan jy dit in die deeg-dop skep.
4 Klop die res van die bestanddele saam en gooi dit in die deegdop. Bak vir 30 tot 40 minute tot gestol en goudbruin.