• 80 ml (75 g) koue botter, in blokkies gesny • 410 ml (225 g) bruismeel • 45 ml (40 g) strooisuiker • 10 ml gekapte vars laventelblomme • 1 groot eier • 30 ml karringmelk • bessie- of kersiekonfyt en room om voor te sit
1 Voorverhit die oond tot 220 ºC. Vryf die botter by die meel in. Voeg die strooisuiker en laventel by. Voeg die eier en karringmelk by en meng dit vinnig saam, m...aar moenie te veel meng nie. As die deeg te droog lyk, kan jy nog ’n klein bietjie karring-melk byvoeg.
2 Rol die deeg tot 2,5 cm uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Druk sirkels uit met ’n skondrukker en pak dit op ’n gesmeerde meelbestrooide bakplaat. Verf karringmelk bo-oor en sif meel oor. Bak vir 10 tot 12 minute. Laat afkoel en sit voor met konfyt en room.