Tuesday 6 March 2012

Teetyd-toebroodjies













Koop ’n vars witbrood by jou bakkery. Sny dit in dun snye en smeer sagte botter of mayonnaise oor. Maak toebroodjies met vulsels soos hamskaafsels en dun snye komkommer, beesvleisskaafsels met ’n bietjie mosterd en roketblare, of gerookte salm en roomkaas met fyngekapte blaarslaai. Sny die korsies af en druk een kant in fyngekapte grasuie of alfalfa-spruite sodat dit mooi lyk op die bord.