Tuesday 6 March 2012

Mango-blomkoekies














Dreineer ’n blikkie mango-skywe en hou die sap. Kap die vrugte op. Klop 250 ml botter en 300 ml suiker saam tot lig. Klop vyf groot eiers een-een by. Sif 625 ml koekmeel, 5 ml bakpoeier en ’n knippie sout saam. Vou om die beurt 75 ml melk en 50 ml van die mango-sap daarby in. Vou die vrugte in. Gooi die beslag in blomvormige silikoonkoekpannetjies. Bak vir 20 minute teen 180 ºC of tot deurgaar. Laat afkoel, keer uit en sif versiersuiker oor.