Wednesday 14 March 2012

Sjokolade-eiers



















Jy benodig:

plastiektafeldoek
wit sjokolade-eiers
verskillende kleure koskleursel
'n bakkie vir elke kleur
'n verfkwassie vir elke kleur
1 eierwit
400g versiersuiker
versiersak
silwer balletjies, suikerblommetjies, strooisels en ander versierings

Om te maak:

Gooi 'n plastiektafeldoek oor jou tafel om dit te beskerm en sorg dat die kinders ou klere of 'n voorskoot aan het. Gooi die koskleursel in bakkies en sit 'n verfkwassie by elke bakkie. Let wel dis beter om 'n kwassie per kleur te hê pleks van 'n kwassie per kind - dan bly die kleursel redelik suiwer.

Moedig die kinders aan om elke eier in een soliede kleur pleks van 'n klomp verskillende kleure te verf - dit lyk mooier en is ook minder morsig.

Klop die eierwit styf en voeg die versiersuiker by tot jy 'n stywe mengsel het. Skep die versiersuikermengsel in die spuitsak. Die kinders kan die versiersuikermengsel gebruik om die versierings op die eiers te plak