Tuesday 13 March 2012

Lensiekerrie
























Jy benodig
• 2 koppies lensies
• 1 ui, gekap
• 1 huisie knoffel, gekap
• 2 eetlepels botter
• 1 teelepel borrie
• 1 teelepel kerriepoeier
• 1 teelepel pypkaneel
• 1 teelepel fyn gemmer
• ½ teelepel sout
• 1 teelepel suiker
• 1 eetlepel suurlemoensap of asyn

Só maak jy
1 Al dente. Kook die lensies oor stadige hitte gaar.
2 Slaan ’n traan. Braai die uie en knoffel in ’n ander kastrol in die botter tot sag. Voeg die speserye by en braai dit vir nog 3 minute.
3 Laat die geure trou. Voeg die lensies by plus ongeveer ’n kwart-koppie water. Kook dit vir 15 minute oor lae hitte, maar sorg dat dit nie droogkook nie. Sit dit voor met Tastic Simply Delicious-rys.