Wednesday 14 March 2012

Groen Tamatie Blatjang


Bedien dit saam met vleise, veral vark.

Sny 1kg groen tamaties in kwarte, en gooi in ‘n pot. Neem 500g groen appels, sny ook in kwarte, en verwyder die stronk. Moet dit nie afskil nie.

Sny 2 medium uie op, gooi in die pot, draai ‘n vlammetjie onder sy bodem oop, en laat dit stadig warm word.

Gooi verder in die pot: 4 koppies mout (malt) asyn, of appel asyn. 1 3/4 koppies bruin suiker, 1 koppie goue sultanas, 1 1/2 teelepels mostertpoeier, 1 teelepel gemaalde kaneel, 1/4 teelepel gemaalde naeltjies, 1/4 teelepel cayenne peper en ‘n skeutjie sout.

Prut die inhoud vir 90 minute sonder deksel. Roer gedurig. Die blatjang sal begin verdik.

Proe die suikergehalte en gooi in gesteriliseerde flesse. Draai styf toe, laat omgekeer afkoel