Wednesday 7 March 2012

SEEKOS SOUTTERT

KORS:
125g sagte botter of margarien                                               500ml koekmeelblom
50ml water

VULSEL:
25olie                                                                          2 preie (in ringe gesny)
150g sampioene (in skyfies gesny                                 
200g skelvis(gestoom, ontgraat, gevlok)
1x200g steurgarnale(gedreineer)                                 250ml Cheddarkaas (gerasper)
3 ekstra grootte eiers (liggies geklits)                          125ml room
125ml melk                                                                 sout en peper

Voorverhit die oond tot 200C.  Vryf die botter met jou vingers in die koekmeelblom.  Voeg net genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm.  Knie goed, bedek met kleefplastiek en verkoel sowat ‘n halfuur lank.  Rol ongeveer 3mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en voer ‘n 20cm tertbord daarmee uit.  Prik die bodem  met ‘n vurk en verkoel weer sowat 15 minute lank.  Voer die tertkors met waspapier uit en vul met droë bone.  Bak 10 minute lank, verwyder die papier en bone en bak weer 15 minute lank.  **Verhit olie in ‘n pan en soteer die preie daarin tot sag.  Voeg die sampioene by en soteer tot ligbruin.  Skep uit in die tertkors en volg met skelvis, steurgarnale en Cheddarkaas.  Meng die eiers, room en melk en geur na smaak met sout en peper.  Giet oor bestanddele in tertkors.  Verlaag die hitte na 190C. en bak sowat 35 minute, of tot eiermengsel gestol en die tert ligbruin bo is.