Wednesday 7 March 2012

Almal se paella


Bestanddele
1 koppie rou rys
1 ui, gekap
1 blokkie hoenderaftreksel
1 groenrissie

5 sampioene
Borrie
3 of 4 hoenderborsies, ontbeen en ontvel
Gevriesde seekos mengsel
Pietersielie

Metode
Was rys. Braai uie in bietjie olie. Voeg rys by en braai tot glaserig. Gooi 600ml water en hoenderaftreksel by. Kook vir ongeveer 15 minute. Braai groenrissies, sampioene en borrie saam vir ongeveer 5 minute. Voeg opgesnyde rou hoender en die rys by. Was die seekos mengsel af en voeg dit by en kook vir verdere 3 tot 4 minute. Laastens gooi jy jou pietersielie by. Jy kan ook 'n paar garnale of chorizo (Spaanse wors) bo-op sit.