Tuesday, 6 March 2012

Piekalillie
























Hierdie speserysmaakhappie of piekel is 'n wonderlike manier om ekstra blomkool op te gebruik en is heerlik saam met vleis en kaas.

Bestanddele

•500 g groente altesaam: blomkoolblommetjies, gesnyde ui, gesnyde agurkies
•2 eetlepels mosterdsaad
•2 koppies asyn
•5 g fyn borrie
•5 g droë mosterdpoeier
•5 g fyn gemmer
•50 g suiker
•2 teelepels mielieblom
•'n knippie sout

Metode

Bring 'n kastrol water tot kookpunt, voeg die voorbereide groente en mosterdsaad by en kook drie minute. Gooi die water af en skep die groente in gesteriliseerde flesse. Gooi die asyn, al die speserye en die suiker in 'n ander kastrol. Hou 'n bietjie asyn eenkant om met die mielieblom te meng. Bring die mengsel tot kookpunt en kook drie minute. Voeg die mielieblommengsel by, kook nog 'n minuut en roer aanhoudend. Giet die vloeistof oor die groente in die flesse en verseël. Laat die geur ses tot agt weke ontwikkel voor dit met koue vleise en kaas geniet word.