Monday 19 March 2012

Paasfees sonder soetgoed

Somtyds is daar redes waarom jy eerder nie 100 sjokolade paaseiers in die tuin wil wegsteek nie.  Diabetes kan een van die redes wees, of jy soek dalk net 'n gesonde-idee hierdie jaar om die gewiggies bietjie in toom te hou.  Hier is ons idee:

Maak paashasies uit karton en plak hul vas op sosatiestokkies.  Steek die hasies oral in die tuin en laat die kinders 'n Paashaas soektog hou in stede van 'n Paaseier soektog.  As daar 'n paar kinders bymekaar is kan jy 'n kompetisie hou:  Die een wat die meeste hasies kry, wen 'n spesiale prys.  (Vir veiligheid kan jy die skerp punte van die sosatiestokkies af sny.)
Hou dan 'n paasfees piekniek in die tuin met die kinders.  Versier met speelgoed hasies en sit eetgoed voor wat gesond is.  Gekookte eiers wat mooi versier is, of wat hul dalk self kan versier, is 'n oulike idee en moenie vergeet van die "haaskos" nie.  Wortels kan in klein dun repies gesny word en as "haaskos" bedien word.  (So kan jy jou kind speel-speel voorstel aan hierdie gesonde "happie".)