Monday 19 March 2012

Paasbolletjies (Sonder koring)




















Maak: 12-16
Baktyd: 15-20 minute
Oondtemperatuur: 180 ºC

120 g (175 ml) sojameel
140 g (210 ml) aartappelmeel
70 g (135 ml) tapioka-meel
100 g (170 ml) mielieblom
15 g droë kitsgis
10 ml xantaan-gom
80 g strooisuiker
7,5 ml gemengde speserye
5 ml fyn kaneel
1 ml neutmuskaat
100 g rosyne (of gemengde rosyne en sultanas)
30-50 g versuikerde sitrusskil
50 g botter, gesmelt
150-250 ml melk
1 groot eier
Kruis
15 ml sojameel
30 ml mielieblom
20 ml strooisuiker
Glaseersel
50 ml suiker
5 ml mielieblom

1 Meng die mele, gis, xantaan-gom, suiker, speserye, rosyne en sitrusskil saam in ’n groot bak.

2 Verhit die botter en 150 ml melk saam tot warm. Voeg die eier by en klits goed.

3 Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel en gooi die vloeibare bestanddele daarin. Roer die droë bestanddele van die kante af in. Meng dit dan met jou hande tot ’n sagte deeg. Voeg nog warm melk by as die deeg te droog is. Knie die deeg vir 10minute met die hand of vir vyf minute in ’n voedsel-verwerker met ’n deeghaak. Sit dit in ’n bak wat met olie gesmeer is en bedek dit met ’n klam lap. Laat op ’n warm plek rys tot dubbel die volume (omtrent ’n uur).

4 Haal die deeg uit die bak en knie dit af. Verdeel dit in 12 tot 16 ewe groot bolletjies en rol elkeen mooi glad. Pak op ’n gesmeerde bakplaat, bedek en laat rys vir omtrent 30 minute.

5 Kruis Meng al die bestanddele met ’n bietjie warm water tot jy ’n dik pasta het. Gebruik dit om ’n kruis op elke bolletjie te maak. Bak die bolletjies vir omtrent 15minute in die verhitte oond. Hulle is gaar wanneer jy ’n hol klank hoor as jy aan die onderkant van die bolletjies klop.

6 Glaseersel Terwyl jy vir die bolletjies wag, kan jy solank die bestanddele vir die glaseersel met 50 ml water meng in ’n klein kastrolletjie. Roer dit oor ’n medium hitte tot die suiker opgelos het. Laat prut vir nog ’n paar minute. Verf die glaseersel oor die bolletjies sodra hulle uit die oond kom. Laat afkoel en eet die bolletjies nog dieselfde dag.