Monday 19 March 2012

Koekies met lemoenbloeisel-versiersel (sonder koring)






















Maak: omtrent 40
Baktyd: 10-12 minute
Oondtemperatuur: 180 ºC

185 g (200 ml) botter, saggemaak
220 g (250 ml) strooisuiker
5 ml vanielje-ekstrak (of 10 ml vanieljegeursel)
1 groot eier
1 groot eiergeel
370 g (630 ml) glutenvrye meelmengsel
Versiersel
kookwater
300 g versiersuiker, gesif
lemoenbloeisel-geursel
koskleursel

1 Room die botter en suiker saam tot lig. Voeg die vanielje by. Voeg die eier en ekstra eiergeel by en klits tot net-net gemeng.

2 Voeg die meel en ’n knippie sout by. Roer dit liggies tot ’n sagte deeg vorm. Bedek dit en sit dit vir 30 minute tot ’n uur in die yskas.

3 Rol die deeg tussen twee velle kleefplastiek uit. Gebruik koekie-drukkers met ’n Paas-tema en sny vorms uit die deeg. Pak op ’n gevoerde bakplaat en bak vir 10tot 12 minute in die verhitte oond. Laat eers op ’n draadrakkie afkoel voor jy versier.

4 Versiersel Meng bietjies-bietjies kookwater by die versiersuiker in tot jy ’n dik, smeerbare pasta het. Voeg ’n paar druppels lemoen-bloeisel-geursel by en roer goed. Gooi die mengsel in verskillende bakkies en kleur elkeen ’n ander kleur. Gebruik dit om die koekies te versier.