Monday 19 March 2012

OULIKE IDEES EN RAAD

Cornè Van Zyl

SKOON NAELS
Trek jou naels oor ‘n koekie seep voordat jy aan die motor of in die tuin gaan werk of voordat jy verf. Dit help om die naels mooi skoon te kry agterna.
OU KUSSINGSLOPE
Hou daardie ou kussingsloop om ‘n gevoelige plant in die winter teen die ryp te beskerm.

OU KOMBERSE
Maak oond-vatlappe en plekmatjies deur die ou kombers oor te trek met ‘n vrolike materiaal.

OU TUINSLANG
Sny ‘n stuk van die tuinslang middeldeur in die lengte en sit om die draad handsvatsel van ‘n emmer om te keer dat dit jou seermaak.

VERFKWASTE
As die verfkwaste al hard geword het, week hulle in asyn om die hare weer sag te maak.

LIGSTREPE:

Skep natuurlike ligstrepe in blonde hare: vul 'n sproeibottel met twee derde koppie wodka en een derde koppie suurlemoensap. Sproei aan klam hare, gaan uit en spoel eers die aand af

GEBREEKTE EIER OP DIE VLOER
Sprinkel sout oor die eier, en los vir 'n so 20 minute. Dit sal maklik opvee.

WILDE BRAAIVLEIS VUUR
Gooi sout oor die vlamme, dit sal die vlamme blus sonder om die vuur dood te maak of af te koel.

BYSTEEK
As jy buite in die tuin loop, krap die angel uit en vryf met afrikaner blommetjie as jy dit in jou tuin het. Gooi andersins sout oor die bysteek.

RESEP VIR KOPLUISE
Meng gelyke hoeveelhede paraffien, kookolie en asyn.
Smeer in die droë hare in. Draai hare toe in handdoek en sit verkieslik in die son vir so +- 30 minute.
Jy kan die kinders sommer buite laat speel vir 'n ruk sonder die handdoek. Dit lyk asof die luise moet net warm kry .... Kam die hare met 'n fynkam.
Was hare soos gewoonlik en spoel af met verdunde asynwater.