Monday, 19 March 2012
Sago poeding met Kondensmelk
Bestandele
1 blik Kondensmelk
200ml Sago
250ml Room
250ml Melk
Pypkaneel (kan uitlos)
2 Eiers, geskei
Sout
5ml Bakpoeier
Kaneelsuiker
Porsie grootte
1 Med oondbak / 8 ramekin
Voorbereidings tyd
30min en 20min vir bak
Instruksies
Kook sago in melk en room saam met pypkanneel tot deurskynend. Verkoel tot kamer temp. Voeg by Kondensmelk en sout en eiergele - meng goed. Klits witte tot styf en vou in by sago mengsel. Gooi in oonbak en strooi kaneelsuiker oor. Bak in waterbad by 200 vir 20min. Die resep werk baie mooi in ramekins ook.