Monday 19 March 2012

Maklikste koekversiering ooit

Nie tyd vir sukkel met koekversiering nie?  Hier is maklike raad:

Neem 'n Aero slab sjokolade, breek in stukkies en plaas in mikrogolf bak.  Skep twee eetlepels margarine daarby en verhit tot dit net-net wil begin smelt.  (Dis baie vinnig, so hou mooi dop.)  Haal uit en roer tot die sjokolade en margarine goed gemeng en gesmelt is.  Smeer oor die sjokolade koek.

(Vir Paasfees kan jy nou verder die koek versier met bv. sjokolade paaseiertjies.)