Monday 19 March 2012

Jogurt yskas tert




















Helena Enslin Laubscher
Wil net met julle deel dat ek die lekkerste en maklikste tert in my ganse lewe gemaak het. Dis nie so soet nie, dus is dit heerlik!!!

500ml jogurt (Ek verkies die een met vrugte of die gewone wit een. Die wit een proe soos kaaskoek.)
1 blik kondensmelk
3-4 eetlepels margarine
1 pakkie Tennis koekies, gekrummel (Enige koekies sal doen)
1. Smelt botter en voeg koekies by.
2. Voer die gesmeerde bak met koekies uit.
3. Meng jogurt en kondensmelk en gooi in die kors.
4. Bak 180ºC vir 10 minute of mikro vir 4 min.
5. Laat afkoel en plaas in yskas.