Tuesday 13 March 2012

Paaseier-geskenkie

























Gee vir elke gas 'n karton-eierhouer vol versierde Paaseiers om huis toe te neem.

Jy benodig
• karton-eierhouers
• versuikerde sjokolade-eiers
• prent wat by die tema pas
• verskillende kleure koskleursel
• wit handwerkverf
• verfkwas
• dun lint
• gewone wit papier
• spuitgom
• handwerkmessie, snymat en metaalliniaal

So maak jy

1 Verf die eierhouers met 'n paar lae wit handwerkverf en laat dit droog word.

2 Sny die prent om in die binnekant van die deksel te pas en plak dit vas met spuitgom.

3 Verf van die eiers met koskleursel - werk so egalig as moontlik - en laat dit droog word. Spat 'n teenstellende kleur koskleursel op van die eiers om gespikkelde eiers te kry. Knoop strikke om een of twee en pak almal in die houer.

4 Tik of skryf Paasboodskappe op gewone wit papier. Sny dit met jou handwerkmessie, snymat en metaalliniaal in stroke uit en draai een om elke houer.