Tuesday, 6 March 2012

Beet-en-neut-bruintjies
























Hierdie ongewone kombinasie is maklik om te maak en absoluut heerlik!

Bestanddele

500g gekookte beet
200g okkerneute of pekanneute
100g botter
200g sjokolade met 70% kakao
1 teelepel vanieljegeursel
250g Demerara- of gewone suiker
3 eiers
100g meel
25g kakao
versiersuiker om agterna oor te sif

Metode

Smelt die botter en sjokolade saam. Plaas die gekookte beet in 'n versapper, voeg die botter en sjokolademengsel by en versap tot baie glad. Klits die suiker en eiers in 'n mengbak tot lig en donsig. Vou die sjokolademengsel in die eiermengsel in. Sif die meel en kakao en vou dit versigtig in die mengsel in om soveel lug as moontlik te behou. Vou laastens die neute in. Gooi uit in 'n gesmeerde bakplaat (20 x 30mm). Bak 25 minute by 180°C. Laat heeltemal afkoel, sny in vierkante en bestuif met versiersuiker.