Wednesday 14 March 2012

Gebraaide groen tamaties

•14 groen tamaties
•200 g geel kersietamaties
•varsgemaalde swartpeper en sout

•5 takkies varstiemie
•olyfolie

Sny elke groen tamatie in dik skywe. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor. Maak intussen ’n riffelpan baie warm. Braai die groen tamaties weerskante vir letterlik ’n paar minute. Geur met sout en swartpeper. Rangskik die tamaties op ’n bord. Sny die geel kersietamaties in die helfte en rangskik saam met die groen tamaties op die bord. Garneer met vars tiemie en sprinkel nog ’n bietjie olyfolie oor.