Tuesday, 6 March 2012

Eiers




















• Maak seker die eiers is op ‘n koel plek as jy dit aankoop – dit voorkom dat organismes groei.
• Moenie gekraakte of vuil eiers koop nie.
• Die kleur van die eier het nie noodwendig ‘n negatiewe uitwerking nie.
• Kyk wanneer is hulle verval datum – Januarie word byvoorbeeld aangedui as 0001 en Desember as 365.
• Eiers wat bo dryf in ‘n pot is nie altyd so vars nie.
• As jy die eier oopbreek om dit gaar te maak gooi dit altyd eers in ‘n piering anders kan jy dalk die ander eiers in die pan bederf as hy sleg is.
• As jy hulle oopbreek en die eierwit en eiergeel loop dadelik dan is die eiers nie baie vars nie.
• Eiers by langer vars as hulle by ‘n temperatuur van 5°C en by ‘n vog gehalte van 70% tot 80% bewaar word.
• Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat ‘n swart ring om die eiergeel vorm.
• Bêre eiergeel in ‘n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ‘n skil vorm. Gebruik binne vier dae.
• Eiers geklits met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
• Om te toets of ‘n eier vars is, sit dit in ‘n maatbeker met 600ml water. As die eier baie vars is, sal dit op die sykant op die bodem lê.
• Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof.
• Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.
• ‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.
• Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.
• Om eiers langer te laat hou meng jy 400 g ongebluste kalk met 6 litre water en plaas die eiers daarin.
• Gebruik natuurlike produkte om Paas-eiers te kleur: Beet – Rooi, Saffron – Geel, Spinasie sap – Groen