Tuesday, 6 March 2012

Kaaskoek met aarbeie en roosblare





















• 140 g semelkoekies, fyngedruk • 60 g botter, gesmelt

VULSEL • 15 g gelatien • 500 ml suurroom • 150 g bruinsuiker • 400 g ricotta • 5 ml vanieljegeursel • 100 g vars aarbeie, gekap • vars roosblare en ekstra aarbeie vir versiering

1 Meng die fyngedrukte koekies en gesmelte botter saam. Druk onder-in ’n losboompan van 20 cm. Sit in die yskas.
2 VULSEL Sit die gelatien in ’n klein bakkie en bedek dit met 45 ml koue water. Laat staan vir twee minute en smelt in die mikrogolf-oond. Roer om op te los.
3 Verhit die suurroom en suiker saam in ’n kastrol oor ’n lae hitte tot die suiker smelt. Haal van die plaat af en roer ’n bietjie by die gelatien. Roer dan die gelatien by die res van die roommengsel. Laat eenkant afkoel.
4 Sit die ricotta in ’n menger en meng tot glad. Voeg die suurroom-mengsel by en meng weer tot glad. Voeg die vanieljegeursel by en gooi oor die krummel-laag in die pan. Roer die gekapte aarbeie by. Sit in die yskas tot ferm. Versier met vars roosblare