So 'n tafeltjie kan mos baie handig te pas kom.
Jy benodig
houtstompe
ronde glasblad
natuurlike tou
ekstra-sterk gom
verfskraper
So maak jy
1 Gaan kies 'n paar reguit stompe uit by 'n houtverskaffer en vra dat hulle dit ewe lank afsaag en ook die punte gelyk afsaag.
2 Gebruik 'n ekstra-sterk gom soos Henkel Sista FT101 en plak die regopstaande stompe in 'n sirkelvorm aan mekaar vas. Die gom sal die stompe in posisie hou terwyl jy plak.
3 As al die stompe geplak is, draai 'n stuk natuurlike tou om die regopstaande stompe en knoop dit stewig vas. Jy kan die tou later afhaal indien verkies, maar jy kan dit ook aanhou as 'n dekoratiewe element.
4 Druk nou van bo af nog gom in die openinge in, maar probeer dit so doen dat 'n mens nie later die gom kan sien nie. Laat die gom heeltemal droog word.
5 Sodra die gom droog is, kan jy enige sigbare gom met 'n verfskraper verwyder.
6 Sit die glasblad bo-op en gebruik dit as 'n tafeltjie.