Friday, 10 February 2012

Hout-drupmatjies




















Klein kunswerkies vir jou tafel.

Jy benodig
houtstomp
prente van jou keuse
houtskool (dis te kry by kunswinkels)
swart balpuntpen
aftrekpapier
kunsseëlaar

So maak jy
1 Laat saag die stomp in dun skywe by 'n houtverskaffer.
2 Soek prente met interessante buitelyne, soos dié van blare. Sit 'n vel aftrekpapier daarop neer en trek dit na met jou balpuntpen.
3 Keer die aftrekpapier om en gaan met houtskool oor die lyne - druk lekker hard om 'n dik laag te kry.
4 Keer die aftrekpapier weer om en sit dit op die houtskyf neer. Gaan nou weer met jou pen oor die lyne om die motief in houtskool op die hout oor te dra. As dit te lig is, sal jy die houtskool moet donkerder maak en van voor af begin.
5 Sodra die houtskoolmotief oorgedra is, seël dit met 'n kunsseëlaar soos Krylon se Workable Fixatif. Nou kan jy dit as drupmatjies gebruik.