Almarie de Jager
125g-pak Dorito's, Big Corn Bites of soortgelyk
Salsa - koop dit klaar voorberei of maak jou eie *Sien resep onder
250g-bakkie krummelrige maaskaas
2 tamaties, klein blokkies gesny
1 ui, fyn gekap
Guacamole - koop dit klaar voorberei of maak jou eie *Sien resep onder
400 g gerasperde Cheddarkaas
200 g gerasperde Mozzarellakaas
2 ronde wiele feta
Smeer vier kleinbordjies liggies met margarien of spuit met kleefwerende middel. Verdeel die Dorito's tussen die vier bordjies. Skep so ongeveer 'n eetlepel salsa op die skyfies en sprei dit uit - moenie te veel opsit nie, want dit bevat tamatie en dit trek water as dit warm word. Verdeel die maaskaas tussen die bordjies. Sprinkel die tamaties en uie bo-oor. Skep nou 'n lekker homp guacamole bo-op die tamatie en ui. Sprinkel 100g Cheddar en 50g Mozarella bo-oor elke kleinbordjie. Krummel die feta bo-oor en sprinkel met droe pietersielie. Bak in die oond teen 180 grade tot die kaas smelt en borrel. Haal uit die oond, laat effens afkoel en sit voor.