Friday 17 February 2012

Rysslaai



375 ml (1 en half koppie) rys
5 ml (2 eetlepels) kookolie
250 g bacon (dit is die wat klaar in blokkies is)
3 medium uie in ringe gesny
1 groot groen soetrissie (in blokkies gesny)
250 g knopiesampioene (in kwarte gesny)
5 ml (1 teelepel) gemengde speserye
varsgemaalde swartpeper na smaak
3 klein pakkies Fritos skyfies (tamatiegeur), fyngedruk

Kook die rys in water waarby die braaivleisspeserye in plaas van sout gevoeg is.
Verhit die olie en braai die bacon tot bros.
Voeg die uie, soetrissie en sampioene by en roerbraai tot gaar.
Voeg die gaar rys, speserye en swartpeper by die uiemengsel.
Voeg die skyfies net voor opdiening by anders raak dit pap as dit te lank staan.