Friday 17 February 2012

Kaas en Bacon skons in jou "Snackwich"











Helena Enslin Laubscher
Het gou vanmôre in 10min skons gemaak vir die kosblikke.

Kaas en Bacon skons in jou "Snackwich" of Jaffelpan (Helena Enslin Laubscher)

Lewer 8 groot skons.
Jy moet ‘n Snackwich of Jaffelpan gebruik wat hol is, want die skons moet kan rys.

2 x 62ml Melk
2 Eiers
8 eetlepels Kookolie
2 koppies Meel
Knypie sout.
4 gelykvol teelepels bakpoeier (Wanneer jy bruismeel wil gebruik, word die bakpoeier uitgelaat)
½ koppie fyn gesnipperde bacon
2 koppies gerasperde kaas

Klits melk, eier en olie saam.
Voeg meel, sout en bakpoeier by en meng deur met houtlepel.
Voeg kaas by en meng.
Bedek hande met meel en verdeel deeg in ag dele.
Vorm ‘n ronde bal van die deeg en druk effens plat en plaas in snackwicher of jaffelpan. (Jy kan die deeg ook op die braairooster saam met die vleis braai)
Bak ongeveer 3-4min. Maak oop en kyk of dit bo-op mooi bruin is, haal uit.

Bedien saam met botter, konfyt, marmite, ens.
Jy kan ook gebraaide uie en soetrissie by die beslag voeg vir afwisseling.