Granaat, griekse jogurt en pannekoekies / plaatkoekies vir Valentynsoggend:
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
halwe teelepel sout
3 teelepels suiker
2 eiers
1 en ‘n halwe koppie melk
6 teelepels gesmelte botter of olie
Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, eiers en gesmelte botter/olie saam. Voeg by die droë bestanddele en meng tot ‘n redelike stywe deeg, amper so dik soos room. Skep lepels vol op ‘n gesmeerde pan of ysterplaat. ‘n Braaipan werk baie goed hiervoor, want jy kan so vier of meer op ‘n slag doen. Bak tot gaar aan albei kante, dit gebeur baie vinnig. Bedien warm met stroop of kaas of enige lekker konfyt van jou keuse.