Wednesday, 8 February 2012

Krummelhoender-soos-die-kolonel



1 hoender of braaistukke
1 eetl worsestersous
sap van 1 suurlemoen
sout en peper
hoenderspeserye
meel
olie
2 k gerasperde kaas
1 k goue krummels

Sny `n hoender in stukke of gebruik klaargesnyde braaipakke. Marineer die hoender vir twee ure in die worsestersous en suurlemoensap . Besprinkel daarna met die sout, peper en hoenderspeserye. Rol dit dan in die meel en daarna in die olie. Meng die kaas en krummels en rol die hoender daarin en druk goed vas. Plaas in `n oondbak en bak een volle uur lank teen 175°C.