Wednesday, 8 February 2012

groen tamatie blatjang resep


‎3kg groen tamaties 125 ml sout
1½ kg fyn gekapte uie 750ml suiker
1,875 liter asyn

Verwyder ogies van tamaties, sny in blokkies, sprinkel sout oor en laat staan oornag. Dreineer oortollige vloeistof. Roer gekapte uie, suiker en ...asyn by. Laat kook 1 uur sonder deksel.

90 ml koekmeel 30 ml kerrie
30 ml mosterd 15 ml rooipeper
15 ml borrie 125 ml appelkooskonfyt
375 ml asyn

Meng al die bestanddele baie goed sodat al die klontjies opgelos is. Voeg 250ml van die warm tamatiemengsel by die kerriemengsel en roer. Gooi die kerriemengsel by die kokende tamatie mengsel. Kook 15 minute terwyl u voortdurend roer. Gooi warm mengsel in gesteriliseerde bottels en verseël.