Friday, 10 February 2012

Muurhakies




















Jy sal dit op enige plek in die huis kan gebruik.
Jy benodig
afvalstukkies hout
foto's of prentjies
lang skroewe
skroewedraaier
boor met 'n 3mm-houtboorpunt
houtgom
uitsnysaag
spieël-plakband
handwerkmessie, snymat en metaalliniaal

So maak jy
1 Saag die stukkies hout in vierkante van om en by dieselfde grootte, maar laat dit onafgewerk en moenie dit skuur nie om die karakter te behou.
2 Sny jou foto's of prente met jou handwerkmessie, snymat en metaalliniaal om binne-in die vierkante te pas, maar maak dit reg rondom effe kleiner as die vierkante. Laat ook plek vir die skroewe aan die onderkant. Plak die foto's of prente met houtgom op die vierkante vas.
3 Boor 3mm-gidsgaatjies vir die skroewe en skroef die skroewe in - kyk dat hulle ewe diep sit in al die vierkante.
4 Gebruik spieël-plakband om die hakies teen die muur vas te plak.

Wenk
Span die muurhakies vir sleutelhouers in en gebruik foto's om die regte plek vir elke sleutel aan te dui, bv. die sleutels vir die garage kan met 'n foto van Pa by sy motor gemerk word, ouma se woonstel met 'n foto van haar, ens. Probeer gerus om jou foto's 'n kunstige voorkoms te gee deur dit met jou digitale kamera se fotoprogram te manipuleer. Deur byvoorbeeld die kleure te verdof of helderder te maak, kry jy die Polaroid-voorkoms wat die foto's laat lyk of hulle uit 'n ander era kom.