Krale-skinkbord
'n Wonderlike idée om jou kralegoed bymekaar, maar soort by soort te hou.
Gebruik 'n ou hout skinkbord wat jy mooi kan verf en kies 'n paar rame wat daarin sal pas, verkieslik met 'n bietjie detail.
Ons het die skinkbord met 'n paar lae van Plascon se Post Office Red gespuitverf. Laat elke lag droog word voor jy die volgende laag spuit.
Die rame het ons net liggies met hul Grey Primer gespuitverf - net om dit karakter te gee.
As al die verf droog is, plak die rame met houtgom op die skinkbord vas en laat dit droog word.